Die Kanadese Ruimteagentskap (CSA; Frans: Agence spatiale canadienne, ASC) is die nasionale ruimteagentskap van Kanada. Dit is in 1990 gestig en doen verantwoording aan die minister van innovasie, wetenskap en ekonomiese ontwikkeling.

Die president van die CSA is Lisa Campbell, wat op 3 September 2020 in die pos aangestel is. Die hoofkwartier is in Quebec, en die agentskap het ook kantore in Ontario, Houston, Washington, D.C. en Parys.

Samewerking met die ESA Die CSA werk sedert die 1970's saam met die Europese Ruimteagentskap (ESA) en het verskeie formele en informele vennootskappe en samewerkingsprogramme met agentskappe in ander lande, soos Indië en Swede.

thumb|240px|Canadarm (regs) tydens die Pendeltuigsending STS-72. Kanada se samewerking met Europa in ruimteaangeleenthede dateer van voor die stigting van beide die CSA en ESA. Van 1 Januarie 1979 af het Kanada die spesiale status van 'n "samewerkende staat" met die ESA; hulle betaal vir die voorreg, belê in werktyd en verskaf wetenskaplike instrumente wat op ruimtetuie van die ESA geplaas word.

In Februarie 2009 was daar 30 Kanadese by die ESA werksaam as personeellede.

Kanadese ruimteprogram Die Kanadese Ruimteagentskap administreer die Kanadese ruimteprogram. Kanada het tegnologie, kennis en personeel bygedra tot die wêreld se ruimteprogramme, veral in samewerking met die ESA en Nasa. Benewens sy ruimtevaarders en satelliete sluit van die Kanadese tegnologiese bydraes tot ruimteverkenning in die Canadarm op die Pendeltuig en Canadarm2 op die Internasionale Ruimtestasie (IRS).

Kanada se bydrae tot die IRS is die mobiele diensstelsel van $1,3 miljard. Dit bestaan uit Canadarm2, Dextre, die mobiele basisstelsel en verskeie werkstasies.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Internasionale organisasies Kategorie:Sterrekundige organisasies Kategorie:Ruimtevaart Kategorie:Kanada