Arctotis angustifolia is 'n plant wat hoort tot die genus Arctotis. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Vlakte tot by Malmesbury en Kleinmond voor. Dit vorm deel van die fynbos. Daar is tans net twee gefragmenteerde, subpopulasies oor, die totale populasie word op 250 plante geskat. Die spesie het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante. Die twee bestaande subpopulasies word bedreig deur verdere ontwikkeling en die kweek van proteas.
Subspesies Die spesie het twee subspesies: Arctotis angustifolia var. angustifolia Arctotis angustifolia var. latifolia Harv.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
angustifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika