Daniil Sergeyevich Medvedev (Russies: Дании́л Серге́евич Медве́дев; Afrikaanse transliterasie: Danijil Sergejewitsj Medwjedef; gebore 11 Februarie 1996) is 'n Russiese professionele tennisspeler. Hy is tans no. 8 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP. In die eindrondte van die Amerikaanse Ope van 2021 het Medvedev die belangrikste wedstryd in die geskiedenis van moderne tennis gewen deur die no. 1-speler, Novak Djokovic, te klop en te voorkom dat hy slegs die derde man word wat 'n kalender-Grand Slam wen.
Met sy wenslag in die eindstryd van die ATP-jaareindtoernooi van 2020 het Medvedev die eerste en enigste speler geword wat die wêreld se drie topspelers geklop het op pad na die jaareind-kampioenetitel. Medvedev was ook die naaswenner in die Amerikaanse Ope van 2019 en 2023, asook die Australiese Opes van 2021, 2022 en 2024.
Loopbaan Medvedev het in 2015 in 'n dubbelspel in die Kremlinbekertoernooi gespeel en sy eerste enkelspeltitel in 2016 in Rosmalen gewen. In 2017 het hy vir die eerste keer aan 'n major deelgeneem: die Wimbledonkampioenskap, waar hy Stanislas Wawrinka, toe die wêreld se no. 3-speler, verslaan het. In 2018 het Medvedev sy eerste ATP-titels gewen in Sydney en Winston-Salem, asook sy eerste ATP 500-titel in Tokio. Hy het in 2019 'n ATP-deurbraak behaal deur sy top-10-debuut ná Wimbledon te maak en ses agtereenvolgende toereindstryde te wen, onder meer die Amerikaanse Ope.
Medvedev is bekend vir sy kragtige afslane en aggressiewe agterlynspel.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Daniil Medvedev tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2017 duimnael|links|upright|Daniil Medvedev tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2018 Die tabel toon Medvedev se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2016 Nie ingeskryf nie Nie ingeskryf nie K3 K12017 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 12018 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 32019 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 3 Eindstryd2020 Rondte 4 Rondte 1 Toernooi nie gehou nie Halfeindstryd2021 Eindstryd Kwarteindstryd Rondte 4 Wenner2022 Eindstryd Rondte 4 Nie deelgeneem nie Rondte 42023 Rondte 3 Rondte 1 Halfeindstryd Eindstryd2024 Eindstryd Rondte 4 Halfeindstryd Kwarteindstryd2025 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 12026 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 4
Verwysings
Skakels
Daniil Medvedev se ATP-profiel Daniil Medvedev se ITF-profiel
Kategorie:Russiese tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1996 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers