Linda Rode (gebore 3 Julie 1937, Ladismith - ) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en samesteller van kinderliteratuur. Sy matrikuleer in 1954 aan Hoërskool Langenhoven op Riversdal. Sy behaal 'n honneursgraad in Duits en ’n Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy hou daarna skool op Calvinia, Hermannsburg, asook by die Pionierskool in Worcester en Herzlia in Kaapstad.
Werke In die Land van Pamperlang, Human & Rousseau (2013) In die Nimmer-Immer Bos, Tafelberg (2010) Goue lint, my storie begint, Tafelberg (2000)
Toekennings 1989: MER-prys saam met Alida Bothma (Illustr.) vir (Goue fluit, my storie is uit) 2010: Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur vir In die Nimmer-Immer-bos.
Bron PUKU
Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse skrywers