Iván Duque Márquez (; gebore 1 Augustus 1976) is 'n Colombiaanse politikus en prokureur wat sedert 7 Augustus 2018 die huidige president van Colombia is. Hy is verkies as die kandidaat van die Demokratiese Sentrumparty in die 2018 presidensiële verkiesing. Hy is daarin gesteun deur sy mentor, die voormalige president en magtige senator Alvaro Uribe, en is verkies ondanks die feit dat hy 'n jaar voor die verkiesing relatief onbekend was.Hy het 'n standpunt ingeneem wat die Juan Manuel Santos-vredesooreenkoms met die FARC- guerrillagroep teenstaan. duimnael| Duque (links) skud hand met die Argentynse president Mauricio Macri in Augustus 2018 duimnael| Duque en sy vrou María Juliana Ruiz Sandoval saam met die voormalige Amerikaanse president Donald Trump en presidentsvrou Melania Trump
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense