Die Palestynse Grondgebiede (Arabies: الأراضي الفلسطينية, al-Arāḍī al-Filasṭīniyya) was deel van die Britse mandaat van Palestina wat deur Jordanië en Egipte ingeneem is in die laat 1940's, en deur Israel ingeneem is in die Sesdaagse Oorlog van 1967. Die Palestynse Grondgebiede is deur die Gasa-Jerigo-Ooreenkoms met Israel op 4 Mei 1994 gestig. Dit bestaan uit die Gasastrook en 40 % van die Wesoewer, terwyl die Staat Palestina volgens internasionale reg uit die Gasastrook, die Wesoewer en die hoofstad Oos-Jerusalem bestaan.
duimnael|links|Kaart van die Palestynse Grondgebiede duimnael|links|Internasionale erkenning van die Staat Palestina in groen duimnael|links|Stemresultate van die VN-waarnemer-status stemming: Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Fatah beheer die Wesoewer, terwyl Hamas die Gasastrook regeer. Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI), terwyl Hamas deur verskeie lande as 'n terroriste-organisasie gelys is.
Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken is. Op 31 Oktober 2011 het "Palestina" 'n lid van Unesco geword unesco.org: General Conference admits Palestine as UNESCO Member State en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem. reuters.com: Palestinians win implicit U.N. recognition of sovereign state
Sien ook Palestyne Staat Palestina
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Palestina