PuTTY is 'n vrye telnet- en SSH-kliënt. Die sagteware stel gebruikers in staat om met 'n ander rekenaar verbind te word, meestal 'n bediener wat 'n UNIX-gebaseerde bedryfstelsel loop. PuTTY is 'n vervanging vir die verouderde terminaal (ook 'n Teletype of TTY genoem), 'n dom masjien wat voor die bekendstelling van die Persoonlike rekenaar gebruik was om met 'n bediener te koppel.
Die verbinding tussen die terminaalsagteware en die bediener verloop meestal deur die SSH-protokol wat as veilige opvolger van die verouderde telnet protokol beskou word.
PuTTY het geen installasieprogram nie, en kan gevolglik enige plek op die hardeskyf geplaas word. Die sagteware is beskikbaar vir Microsoft Windows en UNIX-tipe bedryfstelsels.
Die PuTTY-pakket bestaan uit 'n aantal programme: PuTTY - die telnet- en SSH-kliënt PSCP - 'n program om lêers deur 'n veilige verbinding na 'n ander rekenaar te kopieer PSFTP - 'n SFTP-kliënt, vir veilige FTP-verbindings PuTTYtel - 'n telnet-kliënt (sonder SSH) Plink - 'n program wat opdraglyn (command line) toegang tot die PuTTY-funksionaliteit verskaf Pageant - 'n SSH-waarmerkagent, vir die berekening van geheime sleutels PuTTYgen - 'n program om geheime sleutels mee te genereer
Verwysings
Eksterne skakels Die amptelike PuTTY webwerf PuTTY Tray sagteware ExtraPuTTY
Kategorie:Vrye sagteware