Aspalathus rycroftii is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom by Malmesbury voor. Die spesie het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan die aanlê van koringland en voorstedelike ontwikkeling by Malmesbury.

Van die drie subpopulasies wat bekend is, is een uitgewis deur 'n behuisings projek in 2005. Die ander twee subpopulasies kan moontlik ook binne die volgende 10 jaar deur nog behuising projekte uitgewis word. Tans is indringerplante ook 'n bedreiging.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

rycroftii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika