Aspalathus recurva is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei. Dit kom van Piketberg tot by Swellendam voor en het 'n voorkomsgebied van 5 300 km². Daar is tien subpopulasies en hulle het reeds habitat afgestaan aan die aanlê van wingerde en boorde. Die populasie se getalle daal.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
recurva Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika