Aspalathus recurvispina is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en is deel van die fynbos-plantegroei. Dit kom van Port Elizabeth tot by Kaap St Francis voor. Al ses die subpopulasies wat histories bekend was is verswelg deur ontwikkeling en die plant was beskou as uitgestorwe. 'n Klein subpopulasie van ongeveer 200 plante is herontdek langs 'n pad in Humewood wat bedreig word deur indringerplante.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online Scientific American

recurvispina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika