Aspalathus rectistyla is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom van Piketberg tot by Porterville voor. Die plant het reeds 90% van sy habitat afgestaan aan koringverbouing die afgelope 70 jaar en dit het nou 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 km². Die oorblywende subpopulasies is gefragmenteer en word bedreig deur oorbeweiding, plaagdoders en 'n gebrek aan bestuiwers. Die plant se getalle daal.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
rectistyla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika