Aspalathus millefolia is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei. Dit kom vanaf Houwhoek tot by Riversdal voor en het 'n voorkomsgebied van 5145 km². Die plant het baie van sy habitat afgestaan aan koring, sagtevrugte, proteas en wingerde. Die bedreigings bestaan steeds en indringerplante is ook 'n bedreiging op die Agulhasvlakte.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

millefolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika