Aspalathus lotoides is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Vredenburg-skiereiland tot by Darling en die Kaapse Skiereiland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 700 km² en daar is tussen vier en tien subpopulasies. Die plant word bedreig deur indringerplante en ontwikkeling aan die kus. Die plant is deel van die fynbos en Saldanha-strandveld plantegroei.

Die plant was voorheen wydverspreid op die Kaapse Skiereiland en in 1945 laas daar gesien. Dit is in 2007 by Rondebosch gewaar. Die spesie se getalle daal.

Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Aspalathus lotoides subsp. lagopus (Thunb.) R.Dahlgren Aspalathus lotoides subsp. lotoides'

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

lotoides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika