Aspalathus linearifolia is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom van Tulbagh en Riebeek-Kasteel tot by Franschhoek voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1 364 km² en het habitat afgestaan aan gewasverbouing en word tans bedreig deur voorstedelike ontwikkeling. Die plant is gehard en het bly uitspruit nadat sy habitat omgeploeg is.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
linearifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika