Aspalathus lanifera is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en renosterveld. Dit kom van die Sederberg tot by die Kouebokkeveldberge voor waar daar sewe subpopulasies is. Dit het 'n voorkomsgebied wat tot 2 290 km² groot is. Dit het habitat afgestaan aan gewasverbouing, indringerplante, veral in die Sederberg, en te veel veldbrande is ook 'n bedreiging.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
lanifera Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika