Aspalathus burchelliana is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei. Dit kom vanaf Riviersonderend tot by Swellendam en in die Robertson omgewing voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 4000 km². Meer as 60% van die plant se habitat is omgeskakel na wingerde en gewasverbouing. Die bedreiging bestaan steeds.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

burchelliana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika