KijifКиїв 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kijif Koördinate Stigting 6de eeu Oppervlakte: - Totaal 839 vk km Hoogte bo seevlak 179 m Bevolking: - Totaal (1 Januarie 2021) 2 962 180 - Bevolkingsdigtheid 3 299/vk km - Metropolitaanse gebied 3 475 000 Etniese groepe: - Oekraïners 82,2% - Russe 13,1% - Jode 0,7% - Ander Minder as 5% Tydsone UTC +2 (OET) - Somertyd UTC +3 (OEST) Burgemeester Witali Klitsjko (BPP) Amptelike webwerf kyivcity.gov.ua
Kijif (Oekraïens: Київ; [ˈkɪjiu̯], ; Engels: Kyiv, Kiev), voorheen Kiëf in Afrikaans,Die ou naam, Kiëf, is die verafrikaanste vorm van die Russiese naam, Киев (: Kijef). Die Oekraïense naam is Київ, wat in Engels Kyiv gespel word en in Afrikaans Kijif. In Oekraïne self word die Engelse transliterasie gebruik. is die hoofstad van Oekraïne en die land se stad met die meeste inwoners. Dit is in Noordsentraal-Oekraïne aan die Dnjepr (Oekraïens: Dnipro) geleë. Op 1 Januarie 2021 het dit 'n bevolking van 2 962 180 gehad, en dit is dus die stad in Europa met die sewende meeste inwoners.
Kijif is 'n belangrike nywerheids-, wetenskaps-, opvoedings- en kulturele sentrum in Oos-Europa. Dit het baie hoëtegnologiebedrywe, hoëropvoedingsinstellings en historiese landmerke. Die stad het 'n uitgebreide openbarevervoer- en infrastruktuurstelsel, insluitende die Kijifse Metro.
Die stad se naam is afgelei van dié van Ki, een van sy vier legendariese stigters. Gedurende sy geskiedenis het Kijif, een van die oudste stede in Oos-Europa, deur verskeie stadiums van prominensie en obskuriteit gegaan. Dit het waarskynlik reeds in die 5de eeu as 'n handelsentrum bestaan. Dit was 'n Slawiese nedersetting aan die groot handelsroete tussen Skandinawië en Konstantinopel, en was 'n skatpligtige van die Chasare totdat dit in die middel van die 9de eeu deur die Warangiërs (Wikings) oorgeneem is. Onder Warangiese heerskappy het dit die hoofstad geword van Kiëf-Roes, die eerste Oos-Slawiese staat. In die Mongoolse inval van 1240 is dit heeltemal verwoes en dit het vir die eeue daarna die grootste deel van sy invloed verloor. Dit was 'n provinsiale hoofstad van mindere belangrikheid aan die buitewyke van die gebiede wat deur magtige bure beheer is, eers die Groothertogdom Litaue, toe die Koninkryk Pole en daarna die Russiese Ryk.
Die stad het weer floreer tydens Rusland se nywerheidsomwenteling in die laat 19de eeu. In 1918, nadat die Oekraïense Volksrepubliek sy onafhanklikheid van Sowjet-Rusland verklaar het, het Kijif sy hoofstad geword. Van 1921 af was Kijif 'n stad in Sowjet-Oekraïne en van 1934 af die republiek se hoofstad. Dit is weer heeltemal verwoes in die Tweede Wêreldoorlog, maar het ná die oorlog vinnig herstel en die Sowjetunie se derde grootste stad gebly.
Ná die verval van die Sowjetunie en Oekraïne se onafhanklikwording in 1991 het Kijif Oekraïne se hoofstad gebly en 'n bestendige invloei van etniese Oekraïners van ander dele van die voormalige Sowjetunie beleef. Gedurende die land se transformasie in 'n vryemarkekonomie en demokrasie het Kijif Oekraïne se grootste en rykste stad gebly. Sy nywerheidsproduksie, wat van bewapening afhanklik was, het gedaal ná die verval van die Sowjetunie, en dit het sy wetenskap en tegnologie negatief beïnvloed, maar nuwe sektore van die ekonomie, soos dienste en finansies, het Kijif help groei en geld verskaf vir die ontwikkeling van behuising en 'n stedelike infrastruktuur. Kijif het die streek in Oekraïne geword wat die meeste pro-Westers is; politieke partye wat opname in die Europese Unie voorgestaan het, het oorheers gedurende die verkiesings.
Geskiedenis Die eerste bekende mense in die omgewing van Kijif het in die laat Steentydperk daar gewoon.Kyiv at Ukrainian Soviet Encyclopedia Gedurende die vroeë Ystertydperk het sekere stamme hulle om Kijif gevestig wat met gewasse en diere geboer het en handel gedryf het met die Skitiërs en antieke state aan die kus van die noordelike Swartsee. Die ontdekking van Romeinse muntstukke van die 2de tot 4de eeu dui op handelsbetrekkinge met die oostelike provinsies van die Romeinse Ryk. Die volk van die Zaroebintsi-kultuur word beskou as die direkte voorvaders van die antieke Slawiërs wat later Kijif gestig het.
Geleerdes verskil steeds oor wanneer presies die stad gestig is. Die tradisionele stigtingsdatum is 482 n.C. en die stad het sy 1 500ste herdenking in 1982 gevier. Volgens argeologiese data was die stigting in die 6de of 7de eeu"Kyiv", Encyclopædia Britannica, besoek op 9 Maart 2020.Petro Tolochko, Glib Ivakin, Yaroslava Vermenych. Kyiv. Encyclopedia of History of Ukraine. en volgens sekere navorsers eers in die laat 9de eeu.Rabinovich GA From the history of urban settlements in the eastern Slavs. In the book.: History, culture, folklore and ethnography of the Slavic peoples. M. 1968. 134.
duimnael|220px|links|Die legendariese Ki, Sjtsjek, Chorif en Libid in die Königsberg-kroniek.
Daar is verskeie legendariese weergawes van die oorsprong van die stad. Volgens een in die Primêre Kroniek het die lede van 'n Slawiese stam die Oos-Poljane – die broers Ki (die oudste, na wie die stad genoem is), Sjtsjek en Chorif en hulle suster, Libid – die stad gestig. Volgens 'n ander het die apostel Andreas in die 1ste eeu deur die gebied gereis. Waar die stad nou is, het hy 'n kruis opgerig en 'n kerk is later daar gebou. Sedert die Middeleeue het 'n beeld van die aartsengel Migael die stad en die hertogdom verteenwoordig.
duimnael|220px|links|Hongare in Kijif in 830, tydens die tyd van die Kanaat van Roes. Daar is min historiese bewyse van die tyd waarin die stad gestig is. Verspreide Slawiese nedersettings het van die 6de eeu af in die gebied voorgekom, maar dit is onduidelik of enige van hulle later in die stad ontwikkel het. Een van die nedersettings was Azagarium, wat volgens sommige historici die voorloper van Kijif was.
'n Ander naam vir Kijif, waarvan die oorsprong onbekend is, was Sambat, wat blykbaar iets met die Chasaarse Ryk te doen gehad het. Volgens die Primêre Kroniek het die inwoners van Kijif aan Askold gesê: "Daar was drie broers, Ki, Sjtsjek en Chorif. Hulle het dié stad gestig en gesterf, en nou bly ons hier en betaal belasting aan hulle familie die Chasare". In sy boek De Administrando Imperio noem Konstantyn Porphyrogennetos 'n karavaan van klein vragbote wat jaarliks byeengekom het en skryf: "Hulle het met die rivier Djepr afgevaar en byeengekom by Kijif (Kioava), ook genoem Sambatas."Sigfús Blöndal. "The Varangians of Byzantium".
Die Primêre Kroniek lui dat Askold en Dir in 'n stadium in die 9de of 10de eeu oor Kijif regeer het. Hulle was dalk van Wikingafkoms. Hulle is in 882 deur Oleg van Nowgorod vermoor, maar volgens sommige historici, soos Omeljan Pritsak en Constantine Zuckerman, het die Chasaarse heerskappy tot so laat as die 920's geduur.
Ander historici glo Magjaarse stamme het tussen 840 en 878 oor die stad regeer, voordat hulle saam met sommige Chasaarse stamme na die Karpatebekken migreer het. Die Primêre Kroniek noem ook dat Hongare deur Kijif beweeg het. Tot vandag is daar 'n plek in Oekraïne met die naam Угорське урочище (Oehorske oerotsjisjtsje, "Hongaarse Plek"),History . Pechersk Raion in the Kiev City. wat beter bekend is as "Askold se Graf".
Volgens die bogenoemde geleerdes is die fort in Kijif in 840 klaar gebou onder die leierskap van Keő (Keve), Csák, en Geréb, drie broers, moontlik lede van die Tardjanstam. Dié drie name is in die Primêre Kroniek Ki, Sjtsjek en Chorif. Hulle was dalk nie van Slawiese oorsprong nie, want Russiese historici het nog altyd gesukkel om rekenskap te gee van hulle betekenis en oorsprong. Volgens die Hongaarse historikus Viktor Padányi is hulle name in die 12de eeu in die Kijifse kroniek ingevoeg en is hulle geïdentifiseer as Oudrussiese mitologiese helde.dr. Viktor Padányi – Dentu-Magyaria p. 325, voetnoot 15
Die stad Kijif was geleë aan die handelsroete tussen die Warangiërs en Grieke. In 968 het die nomadiese Petsjenege Kijif aangeval en beset. Teen 1000 n.C. het die stad 45 000 inwoners gehad.
In Maart 1169 het grootprins Andrei Bogoljoebski van Wladimir-Soezdal Kijif verwoes, waarna net ruïnes van die ou stad oor was. Hy het baie godsdienskunswerke, onder meer die ikoon Teotokos van Wladimir, uit die nabygeleë Wisjhorod verwyder.Janet Martin, Medieval Russia:980–1584, (Cambridge University Press, 1996), 100. In 1203 het prins Rjoerik Rostislawitsj en sy Kiptsjak-bondgenote Kijif binnegeval en afgebrand. In die 1230's is die stad verskeie kere deur verskillende Roes-prinse binnegeval en verwoes. Die stad het nog nie van dié aanvalle herstel nie toe die Mongole onder Batoe Khan dit in 1240 heeltemal verwoes.The Destruction of Kiev, University of Toronto Research Repository
duimnael|220px|Die Doop van die Kijifse inwoners, 'n skildery deur Klawdi Ljebedef. duimnael|220px|Die Kosak Bohdan Chmelnitski gaan Kijif binne ná die Chmelnitski-opstand teen Poolse oorheersing. Skildery deur Mikola Iwasjoek. Dié gebeure het 'n groot invloed op die toekoms van die stad en die Oos-Slawiese beskawing gehad. Voor Bogoljoebski se aanval het Kijif 'n reputasie gehad as een van die grootste stede in die wêreld, met 'n inwonertal van meer as 100 000 aan die begin van die 12de eeu.
In die vroeë 1320's het 'n Litause leër onder groothertog Gediminas 'n Slawiese leër onder Stanislaf van Kiëf verslaan en die stad verower. Die Tatare, wat ook aanspraak op Kijif gemaak het, het in 1324–1325 vergeldingstappe geneem. Hoewel Kijif toe deur 'n Litause prins regeer is, moes die stad heffings aan die Goue Horde betaal. Eindelik het die groothertog van Litaue, Algirdas, Kijif en die omringende gebiede by die Groothertogdom Litaue ingelyf.Jones, Michael (2000). The New Cambridge Medieval History, Volume 6, c.1300–c.1415. Cambridge University Press. In 1482 het die Krim-Tatare 'n groot deel van Kijif afgebrand.Jerzy Lukowski, W. H. Zawadzki (2006). A concise history of Poland. Cambridge University Press. p.53.
Met die Unie van Lublin van 1569, toe die Pools-Litause Gemenebes gestig is, is die Litaus beheerde grondgebied van Kijif oorgedra van die Groothertogdom Litaue na die Koninkryk Pole.Davies, Norman (1982). God's Playground: A History of Poland, Vol. 1: The Origins to 1795. Columbia University Press.
Russiese troepe het Kijif sedert die Verdrag van Perejaslaf beset en in 1667 het die stad deel van die Tsaredom Rusland geword, met 'n mate van outonomie. In die Russiese Ryk was Kijif 'n hoofsaaklik Christelike sentrum, wat pelgrims gelok het, en die wieg van baie van die ryk se belangrikste godsdiensfigure, maar tot in die 19de eeu was die stad van mindere kommersiële belang.
Ná 'n geleidelike afname in Oekraïne se outonomie is Kijif in die 19de eeu toenemend gerussifiseer deur middel van Russiese immigrasie, administratiewe optrede en sosiale modernisering. Aan die begin van die 20ste eeu het die Russiessprekende deel van die bevolking die middestad oorheers, terwyl die laer klasse aan die buitewyke gewoon en in 'n mate die Oekraïense volkskultuur behou het.
duimnael|220px|links|Kijif in die laat 19de eeu. Gedurende die Russiese nywerheidsomwenteling in die laat 19de eeu het Kijif 'n belangrike handels- en vervoersentrum van die Russiese Ryk geword. Dit het gespesialiseer in suiker- en graanuitvoer per spoorlyn en op die Dnjepr. Teen 1900 het die stad ook 'n belangrike nywerheidsentrum geword en het dit 'n inwonertal van 250 000 gehad. Landmarke uit dié tydperk sluit in die spoorweginfrastruktuur, die stigting van talle opvoedings- en kultuurgeriewe en argitektoniese monumente, hoofsaaklik handelsgeoriënteerd. In 1892 is die eerste tremlyn in die Russiese Ryk in Kijif in gebruik geneem (die derde in die wêreld).