Aspalathus truncata is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Watervalberge naby Tulbagh tot by die Slanghoekberge, suid van Bainskloof voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 250 km² en daar is vier subpopulasies. Die spesie word as seldsaam beskou, die populasie is stabiel. Dit is deel van die fynbos.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
truncata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika