Aspalathus tylodes is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Vlakte tot by Albertinia voor. Meer as 50% van die plant se voorkomsgebied het reeds verlore gegaan aan ontwikkeling en gewasverbouing; dit is tans 3 500 km². Die spesie is reeds in 1998 as plaaslik uitgestorwe beskou op die Kaapse Skiereiland. Die oorblywende ses subpopulasies word bedreig deur verdere ontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
tylodes Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika