Aspalathus varians is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Tulbagh en Stellenbosch voor. Dit is deel van die renosterveld-plantegroei. Die plant het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Laasgenoemde is steeds 'n bedreiging by Tulbagh en Piketberg terwyl ontwikkeling 'n bedreiging is by Wellington en Malmesbury. Die oorblywende subpopulasies is gefragmenteer.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
varians Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika