Soweto is 'n gebied in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika. Die naam is die sillabiese afkorting van South Western Townships.Pirie, G.H. Letters, words, worlds: the naming of Soweto. African Studies, 43 (1984), 43–51. Meer as 65% van Johannesburg se inwoners bly in en om Soweto. Volgens die 2001-sensus was die bevolking 896 995 van wie 99,3% swart was.
Geskiedenis Ou bedeling duimnael|links|Diepmeadow Stadsraad, Groter Soweto, in 1982 Soweto is sedert die 1950's onder die destydse regering se stelsel van 'afsonderlike ontwikkeling' as 'n woonbuurt vir swart bewoners van Johannesburg gevestig. Die stad is op die vroeëre plase Doornkop, Klipriviersoog, Diepkloof, Klipspruit en Vogelstruisfontein ontwikkel.showme.co.za: History of Soweto Besoek op 30 Julie 2017
Binne die raamwerk van 'afsonderlike ontwikkeling' was die doelwitte met swart voorstede soos Soweto drieërlei: swart Suid-Afrikaners is uit die 'blanke' stadsgebied verban; hul bewegings kon maklik dopgehou, gekontroleer en beperk word; maar hulle is nogtans binne 'n relatief klein afstand van welvarende wit voorstede gevestig waar hulle onder meer as bediendes benodig is.James Bainbridge: South Africa, Lesotho & Swaziland. E-boek-uitgawe. Lonely Planet Publications 2009, bl. 416
In Junie 1976 was Soweto die toneel van ernstige onluste, veral oor die verpligte gebruik van Afrikaans as onderrigmedium in die helfte van vakke in swart skole.Michigan Sate University (MSU): South Africa - Overcoming Apartheid, Building Democracy: Soweto Student Uprising Besoek op 30 Julie 2017
Nuwe bedeling duimnael|links|Ook swart Suid-Afrikaners sit sosiale vooroordele en kultureel geïndoktrineerde sieninge opsy: Soweto Pride 2012 Soweto het in die nuwe Suid-Afrika 'n omvattende verandering ondergaan en huisves tans 'n verskeidenheid inkomstegroepe wat naas ekonomies benadeeldes ook middelklas- en welvarende swart Suid-Afrikaners insluit. Stygende eiendomspryse weerspieël 'n dinamiese ontwikkeling, en lankal beskik welvarende bewoners (na wie dikwels as "swart diamante" verwys word) oor hul eie plaaslike winkelsentrums, kroeë en restaurante.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Vilakazistraat
Verwysings
Eksterne skakel
Webwerf oor die Soweto-opstand van 1976