280px|regs Die AMX-13 is 'n Franse ligte tenk wat van 1952 tot 1987 geproduseer is. Dit was in diens van die Franse Leër, bekend as die Char 13t-75 Modèle 51 en is ook uitgevoer na 26 lande. Die tenk is vernoem na sy aanvanklike gewig van 13 ton en het oor 'n taai en betroubare onderstel beskik,The Complete Guide to Tanks and Armoured Fighting Vehicles, dit was toegerus met 'n ossilerende skiettoring vervaardig deur GIAT Industries (tans Nexter) met rewolwertipe magasyne. Dit was ook gebruik op die Oostenrykse SK-105 Kürassier-tenk. Tesame met die prototipes en uitvoermodelle, insluitend selfaangedrewe kanonne, lugafweerstelsels, pantsertroepedraers en teentenkmissiel-ontwerpe, was daar meer as 100 variante van die tenk.

Verwysings

Kategorie:Tenks