Silvester III was die 146ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Silvester III is gebore as Giovanni di Crescenzi – Ottaviani ongeveer in die jaar 1000 in Rome, Italië. Voor sy verkiesing was hy biskop van Sabina vanaf 1012. Op 20 Januarie 1045 volg hy Pous Benedictus IX op en regeer totdat Benedictus hom verdryf op 10 Maart 1045. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus IX. Die naam ‘Silvester’ beteken 'Woudman'.
Pontifikaat Hoewel Pous Silvester III in Maart 1045 deur Benedictus IX verdryf word, word hy eers definitief afgeset deur die sinode van Sutri op 20 Desember 1046. Hy is bly egter biskop van Sabina tot 1062. Sommige skrywers beskou hom as 'n teenpous."Sylvester III." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 16 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9070707>
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 1000 Silvester III