Die Ditsong Museums is 'n samestelling van agt museums in die Pretoria- en Johannesburg-omgewings in die Gautengprovinsie. Die museums huisves uiteenlopende versamelings wat die velde van fauna en flora, paleontologie, militêre geskiedenis, kulturele geskiedenis, geologie, antropologie en argeologie insluit.

Museums Ditsong bestuur verskeie instansies vanuit sy sentrale hoofkwartier in die voormalige Bantoesakegebou in Kerkstraat, Pretoria.

Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum Pionier-opelugmuseum Sammy Marksmuseum Tswaing-krater Krugerhuis Willem Prinsloo-landboumuseum

Verwysings

Eksterne skakels http://www.ditsong.org.za/

Kategorie:Museums in Johannesburg Kategorie:Museums in Pretoria