Lampranthus rupestris is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Perdeberg, noordwes van die Paarl voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 5 km² en is deel van die fynbos. Dit het meer as 80% van sy habitat afgestaan aan die aanplant van wingerde en vrugte boorde. Die oorblywende populasie word bedreig deur indringerplante.

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online

rupestris Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika