Charles Edward Taylor, (Charlie Taylor, 24 Mei 1868, Cerro Gordo, Illinois – 30 Januarie 1956, Los Angeles, Kalifornië) was ’n werknemer en vriend van die Wright-broers wat die wêreld se eerste aangedrewe vlug gemaak het. Hy het die enjin vir die Wright Flyer vir hulle ontwerp en gebou. Taylor het ook die windtonnel gebou wat die Wright-broers gebruik het. Charlie Taylor: The Man Aviation History Almost Forgot, 16 Maart 2012

Aanvanklik is Taylor aangestel om fietse te herstel, maar hy het meer en meer die beheer van die Wrights se fietsbesigheid geneem, namate hulle meer en meer tyd aan nuwe uitvindings bestee het.

Toe dit duidelik word dat daar geen enjin in die Verenigde State beskikbaar is met die nodige gewig-tot-krag-verhouding nie, het die Wright-broers hulle tot Taylor gewend. Taylor het 'n waterverkoelde aluminium-enjin in ses weke gebou, sonder tekeninge. Die gegote aluminiumblok en krukas het saam 69 kilogram geweeg.

Toe Calbraith Perry Rodgers in 1911 'n nuutgekoopte Wright-vliegtuig van Long Island na Kalifornië gevlieg het, is Taylor US$70 per week betaal om die vliegtuig in stand te hou. Hy het die vliegtuig per trein gevolg en dikwels voor Rodgers by die volgende bestemming uitgekom.

Met die geld wat Taylor uit sy avonture gemaak het, het hy grond naby Salton Sea gekoop. Weens die slegte ekonomiese klimaat het hy egter in armoede verval. In 1945 het hy 'n hartaanval gehad en kon daarna nie werk nie. Op 30 Januarie 1956 sterf hy sonder geld en alleen in 'n hospitaal. Taylor word begrawe in die Portal of the Folded Wings Shrine to Aviation in Burbank, Los Angeles.

Verwysings

Verdere leeswerk AMT (Aircraft Maintenance Technology) "Charles E. Taylor: Who is he and why should we honor him?" Howard R. DuFour with Peter J Unitt, The Wright Brother's Mechanician, 1997, . Published by the author. (196 pages, hardback.) "Charlie's Engine", by Tony French in Pilot Celebrates 100 Years of Flying. page 125, Archant Specialist, 2003. Aviation Today "My Story: Charles E. Taylor as told to Robert S. Ball"

Eksterne skakels

Getty Images: Photo: Charlie Taylor, William J. Hammer, Wilbur Wright at the Hudson-Fulton Celebration, 1909 Bust of Charlie at the USAirForce Museum Biography from the National Aviation Hall of Fame Archival footage from We Saw It Happen (1953) with Taylor at age 87.

Kategorie:Lugvaartpioniers Kategorie:Geboortes in 1868 Kategorie:Sterftes in 1956