Daubenya capensis is 'n bolagtige geofiet wat deel van die Asparagaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap. Die plant het 'n voorkomsgebied van 525 km² op die Roggeveldberge-eskarp en westelike Karoo. Dit is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo plantegroei. Ongeveer 13% van die plant se habitat is omgeploeg vir die aanplant van koring. Oorbeweiding is ook 'n bedreiging.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

capensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Blomme