thumb|Die meulens van Kinderdijk thumb|Die dorp Molenaarsgraaf thumb|Die stadsaal in die stad Nieuwpoort

Molenlanden (letterlik in Afrikaans: Meulelande) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Die munisipale gebied het sowat 45 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van sowat 192 km². In hierdie munisipaliteit word Alblasserwaards gepraat, wat is 'n Hollandse dialek.

Molenlanden is in 2019 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Giessenlanden en Molenwaard. Die landelike munisipaliteit beslaan die noorde, midde en ooste van die Alblasserwaard-streek en 'n klein stukkie van die Vijfheerenlanden-streek in die uiterste suidooste.Die gebied oos van die dorp Arkel, ongeveer 4 km². Die suidoewer van die Lek-rivier vorm die noordelike begrensing en in die ooste grens Molenlanden sowel aan die provinsie Utrecht as aan die provinsie Gelderland.

Deur die westelike deel vloei die Graafstroom- of Alblas-riviertjie en deur die oostelike deel die Giessen-riviertjie. In die noordweshoek van die munisipaliteit staan die meulens van Kinderdijk ('n Wêrelderfenisgebied).

Plekke

Stad Nieuwpoort

Dorpies

Arkel Bleskensgraaf Brandwijk Giessen-Oudekerk Giessenburg Gijbeland Goudriaan Groot-Ammers Hoogblokland Hoornaar

Kinderdijk Langerak Molenaarsgraaf Nieuw-Lekkerland Noordeloos Ottoland Oud-Alblas Schelluinen Streefkerk Wijngaarden

Gehuggies

Achterdijk (deels) Achterland Achthuizen Bazeldijk (deels) De Donk Den Dool Gelkenes Graafland Hoge Giessen Klein Peursum Kooiwijk

Laag Blokland Lage Giessen Liesveld Minkeloos Muisbroek Overslingeland Peursum Pinkeveer / Nederslingeland Rietveld Vuilendam Waal

Munisipale raad Verkiesings sedert 2019:

Party Setels <br/ > 2019 Setels <br/ > 2022 Setels <br/ > 2026 Doe Mee! Molenlanden 7 8 9 SGP 5 6 8 CDA 6 5 5 CU 5 5 4 VVD 3 2 2 Progressief Molenlanden 1 1 1 Totaal 27 27 29

Naburige munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)