thumb|Nr. 11 regs is die Alblasserwaard thumb|Die Alblasserwaard naby Hoornaar thumb|Die Alblasserwaard naby Bleskensgraaf thumb|Die Alblas-riviertjie naby Oud-Alblas thumb|Die dorp Noordeloos
Die Alblasserwaard is 'n streek in die provinsie Zuid-Holland; 'n klein stukkie lê in die provinsie Utrecht.
Die Alblasserwaard is 'n landelike streek met baie weide, wat hom ongeveer anderhalwe meter onder seevlak bevind en grotendeels uit veen bestaan.
Hierdie streek word in die suide begrens deur die Beneden-Merwede- en Boven-Merwede-riviere, in die weste deur die Noord-rivier, in die noorde deur die Lek-rivier en in die ooste deur die Oude Zederik-rivier, die Merwedekanaal en die Linge-rivier.
Die nedersettings in die streek bestaan uit dorpies en gehuggies, behalwe Nieuwpoort en Gorinchem, wat is kleine stede. Sewe munisipaliteite is geleë in die Alblasserwaard, waarvan die munispaliteit Molenlanden die grootste deel beslaan.
Die streek se dialek word Alblasserwaards genoem, wat is 'n Hollandse dialek en wat baie lyk soos die naburige Vijfheerenlands.
Munisipaliteit Inwoners <br/ > (2022) Oppervlak <br/ > (km²) Opmerking Alblasserdam 20.000 10 Gorinchem 37.000 17 'n Stukkie lê in die Tielerwaard-streek (ongeveer 5 km² met sowat 900 inwoners).Die gebied van die dorp Dalem en omgewing. Hardinxveld-Giessendam 19.000 19 Molenlanden 45.000 188 'n Klein stukkie lê in die Vijfheerenlanden-streek (ongeveer 4 km² met nouliks inwoners).Die gebied oos van die dorp Arkel. Papendrecht 32.000 11 Sliedrecht 26.000 14 Vijfheerenlanden Die Vijfheerenlanden-munisipaliteit val onder die provinsie Utrecht. 8.000 20 Dit betref slegs 'n stukkie wat in die Alblasserwaard-streek geleë is.Die gebied noordwes vanaf die dorp Meerkerk (ook die dorpies Ameide en Tienhoven plus omgewing). Totaal 187.000 279
Naburige streke
Verwysings
Eksterne skakels Plaatsengids Die midde van die Alblasserwaard:
Kategorie:Zuid-Holland Kategorie:Utrecht (provinsie) Kategorie:Streke van Nederland