Haworthiopsis longiana is 'n vetplant wat tot die genus Haworthiopsis behoort en is endemies aan die Oos-Kaap. Die spesie kom in die Sondagsrivier- en Gamtoosriviervalleie voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 3 500 km² maar het reeds 50% van sy habitat afgestaan aan die aanlê van sitrusboorde en ander gewasse. Die bestaande populasie word bedreig deur oorbeweiding.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

longiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika