Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker 2016.

Die T20I-wêreldbeker 2016 (Engels: 2016 ICC Men’s T20 World Cup) is van 8 Maart tot 3 April 2016 in Indië beslis. Dit was die sesde T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Indië. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2016 (Engels: 2016 ICC World Twenty20; Hindi: २०१६ आईसीसी विश्व ट्वेन्टी २०) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag in dieselfde stadions beslis. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka en die 2014-toernooi in Bangladesj was dit die derde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.

duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2014 het onveranderd gebly en 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2016 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland). Oman het vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee vir sy eerste vername internasionale kriekettoernooi, nadat hulle Namibië in die uitspeelwedstryd verslaan het.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2016 is 35 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 20 in die Super Tien, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien is die spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland en Wes-Indië vir die gasheer Indië geklop, waardeur dit die eerste eindstryd tussen twee voormalige kampioene was en ná die 2010-eindstryd die tweede sonder ’n Suid-Asiatiese span. Wes-Indië het Engeland in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata met vier paaltjies verslaan en sodoende die eerste span geword om twee T20I-wêreldbekertitels in te palm. Daarbenewens het Wes-Indië die eerste krieketland geword wat die T20I-wêreldbeker vir beide mans en vroue op dieselfde dag gewen het, nadat die vrouespan onmiddellik voor die mansspan die verdedigende wêreldkampioen Australië geklop het. Beide die verdedigende wêreldkampioen Sri Lanka en Suid-Afrika is in die Super Tien uitgeskakel – die Proteas ná naelskraapse nederlae teen albei latere finaliste –, terwyl Zimbabwe nie die Super Tien gehaal het nie.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2016 aangewys. Ná die Kampioenetrofee 2006 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Indië aangebied is.

Deelnemers Kwalifisering Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2016 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2016 gekwalifiseer. Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Oman het vir die eerste keer aan ’n internasionale kriekettoernooi deelgeneem, nadat hulle Namibië in die uitspeelwedstryd met vyf paaltjies geklop het. Dit is tot dusver die laaste T20I-wêreldbekertoernooi wat Namibië misgeloop het. Die agt beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het regstreeks tot die Super Tien gevorder, terwyl die oorblywende agt spanne aan die eerste rondte deelgeneem het.

In Oktober 2015 het die destydse voorsitter van die Pakistanse Krieketraad, Shahryar Khan, aangedui dat Pakistan dit sou oorweeg om hulleself aan die toernooi te onttrek indien die reeks teen Indië in Sri Lanka nie soos beplan sou voortgaan nie. Hoewel dié reeks uiteindelik gekanselleer is, het die Pakistanse span in Februarie 2016 goedkeuring deur die regering ontvang om Indië wél vir die toernooi te besoek. Vroeg in Maart 2016 het Pakistan ’n afvaardiging na Indië gestuur om voor die toernooi die veiligheidsreëlings te ondersoek. Ná dié ondersoek is die wedstryd tussen Indië en Pakistan op versoek van die Pakistanse beheerliggaam van Dharamsala na Eden Gardens in Kolkata verskuif en op 11 Maat het Pakistan sy deelname aan die toernooi bevestig.

Kwalifiserende spanne duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2016-kwalifisering; altesaam 24 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerSesde2014Kampioen (2007)Volle ledeSesde2014Naaswenner (2010)Sesde2014Tweede rondte (2007, 2014)Sesde2014Kampioen (2010)Sesde2014Halfeindrondte (2007)Sesde2014Kampioen (2009)Sesde2014Kampioen (2014)Sesde2014Halfeindrondte (2009, 2014)Sesde2014Kampioen (2012)Vyfde2014Eerste rondte (2007, 2010, 2012, 2014)T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2015Vierde2014Eerste rondte (2010, 2012, 2014)Tweede2014Eerste rondte (2014)Vyfde2014Super Agt (2009)Derde2014Super Tien (2014)Eerste –DebuutDerde2009Eerste rondte (2007, 2009)

Stadions Tydens die toernooi is sewe Indiese stadions gebruik. Altesaam 35 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2016 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Op 21 Julie 2015 het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië die gasheerstede aangekondig: Bangalore, Chennai, Dharamshala, Mohali, Mumbai, Nagpur en Nieu-Delhi was die plekke saam met Kolkata wat die eindstryd aangebied het. As gevolg van regsgedinge rakende die oprigting van drie pawiljoene by die M. A. Chidambaram-stadion is Chennai nie vir die T20I-wêreldbeker 2016 oorweeg nie. Tydens die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker 2016 is wél wedstryde op dié stadion beslis. Die HPCA-stadion in Dharamshala het al die Groep A-wedstryde gehuisves en die VCA-stadion in Nagpur al die Groep B-wedstryde. Die wedstryd tussen Indië en Pakistan sou oorspronklik op die HPCA-stadion beslis word. Nadat die HPCA-owerhede nie die Pakistanse span se veiligheid kon waarborg nie, is dié wedstryd na Eden Gardens in Kolkata verskuif.

Daar was aanvanklike bekommernisse oor die Feroz Shah Kotla-stadion in Delhi vir die eerste halfeindstryd, nadat een van die staanplekke ’n klaringsertifikaat van die Suid-Delhi Munisipale Korporasie (SDMC) benodig het. As die klaring nie goedgekeur sou word nie het beide die Internasionale Krieketraad en die Raad vir Beheer van Krieket in Indië beplan om dié wedstryd op ’n ander stadion aan te bied. Op 23 Maart het die Delhi en Distrik-krieketvereniging toestemming van die SDMC ontvang om die staanplek by die Feroz Shah Kotla te gebruik.

Bangalore Kolkata Dharamshala M. Chinnaswamy-stadion Eden Gardens HPCA-stadion Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 66 349 Kapasiteit: 23 000 200px 200px 200px Mohali Mumbai Inderjit Singh Bindra Wankhedestadion Kapasiteit: 26 950 Kapasiteit: 32 000 200px 200px Nagpur Nieu-Delhi VCA-stadion Feroz Shah Kotla Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 40 715 200px 200px

Formaat duimnael|Handgetekende kolwe van die T20I-wêreldbeker 2016 se deelnemende spanne by die Blades of Glory-krieketmuseum, Pune Die T20I-wêreldbeker 2016 is oor 27 dae tussen 16 verskillende spanne oor 35 wedstryde beslis. Dit het op 8 Maart 2016 op VCA-stadion in Nagpur met die openingswedstryd tussen Hongkong en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op Eden Gardens in Kolkata op 3 April met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Indië, waartydens Wes-Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooi in 2014 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2016 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Tien, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteMaartDi8Wo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Groep A | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | |Super TienMaartDi15Wo16Do17Vr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Groep 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1Groep 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 |UitklopfaseMaart/AprilDi29Wo30Do31Vr1Sa2So3Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Eerste rondte en Super Tien Die T20I-wêreldbeker 2016 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 30 April 2014 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van albei groepe het na die Super Tien deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.

Die Super Tien is deur tien spanne in twee groepe van vyf spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vier wedstryde in die Super Tien gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Tien-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 15 skeidsregters en ses wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Bruce Oxenford (Australië) Paul Reiffel (Australië) Rod Tucker (Australië) Michael Gough (Engeland) Ian Gould (Engeland) Richard Illingworth (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Sundaram Ravi (Indië) Chris Gaffaney (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Johan Cloete (Suid-Afrika) Marais Erasmus (Suid-Afrika)