Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker.
Die T20I-wêreldbeker (Engels: ICC T20 World Cup) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die T20I-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die tweede belangrikste en tweede bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.
duimnael|links|Die trofee waarom meegeding word duimnael|links|Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen Tot op hede is tien toernooie beslis en Indië het ’n rekord van drie titels ingepalm, gevolg deur beide Engeland en Wes-Indië met twee titels elk. Die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika is gewen deur Indië, nadat hulle Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland is gewen deur die vorige naaswenner Pakistan wat Sri Lanka in die eindstryd op die Londense Lord’s geklop het. Die T20I-wêreldbeker 2010 in die lande van Wes-Indië is gewen deur Engeland, nadat hulle in die eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal Australië geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2012 was die eerste in Asië met al die wedstryde wat in Sri Lanka aangebied is. Wes-Indië het met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd op R. Premadasa-stadion in Colombo verslaan en sodoende hul eerste titel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj is gewen deur Sri Lanka, nadat hulle die eerste span geword het om in drie eindstryde te verskyn en Indië op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië is gewen deur Wes-Indië, nadat hulle Engeland op Eden Gardens in Kolkata verslaan en sodoende die eerste span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is beklink deur Australië, nadat hulle Nieu-Seeland op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai verslaan het. Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 in Australië het Engeland Pakistan op die Melbourne-krieketveld in Melbourne geklop en sodoende sy tweede T20I-titel ingepalm. Indië het tydens die T20I-wêreldbeker 2024-eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal hul tweede T20I-wêreldbekertrofee gewen deur Suid-Afrika, wat in sy eerste krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans verskyn het, te verslaan. In die eindstryd van die T20I-wêreldbeker 2026, wat in Indië en Sri Lanka beslis is, het die medegasheer en verdedigende wêreldkampioen Indië die eerste span geword wat die T20I-wêreldbekertrofee kon verdedig, dit tuis gewen en ook vir ’n derde keer ingepalm het.
In die tien kampioenskappe wat reeds aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Indië het ’n rekord van drie titels gewen, gevolg deur beide Engeland en Wes-Indië met twee titels elk. Australië, Pakistan en Sri Lanka het een titel elk ingepalm. Daarbenewens het Nieu-Seeland en Suid-Afrika aan al die T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar hulle kon dit tot op hede nie wen nie, hoewel Nieu-Seeland reeds in die 2021- en 2026- en Suid-Afrika in die 2024-eindstryd verskyn het. Daarmee is elke vasteland deur minstens een nasionale span in ’n eindstryd verteenwoordig en elke vasteland het ook minstens een T20I-wêreldbekertoernooi gehuisves.
Uitslae JaarGasheerland(e)EindstrydplekEindstrydWennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande2007OorsigWanderersstadion, Johannesburg,Suid-Afrika157/5 (20 boulbeurte)Indië wen met vyf lopiesTelkaart152 almal uit (19.4 boulbeurte)122009OorsigLord’s, Londen,Verenigde Koninkryk139/2 (18.4 boulbeurte)Pakistan wen met agt paaltjiesTelkaart138/6 (20 boulbeurte)122010OorsigKensington-ovaal, Bridgetown,Barbados148/3 (17 boulbeurte)Engeland wen met sewe paaltjiesTelkaart147/6 (20 boulbeurte)122012OorsigR. Premadasa-stadion, Colombo,Sri Lanka137/6 (20 boulbeurte)Wes-Indië wen met 36 lopiesTelkaart101 almal uit (18.4 boulbeurte)122014OorsigSher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion, Dhaka,Bangladesj134/4 (17.5 boulbeurte)Sri Lanka wen met ses paaltjiesTelkaart130/4 (20 boulbeurte)162016OorsigEden Gardens, Kolkata,Indië161/6 (19.4 boulbeurte)Wes-Indië wen met vier paaltjiesTelkaart155/9 (20 boulbeurte)162021OorsigDoebai Internasionale Krieketstadion, Doebai,Verenigde Arabiese Emirate173/2 (18.5 boulbeurte)Australië wen met agt paaltjiesTelkaart172/4 (20 boulbeurte)162022OorsigMelbourne-krieketveld, Melbourne,Australië138/5 (19 boulbeurte)Engeland wen met vyf paaltjiesTelkaart137/8 (20 boulbeurte)162024OorsigKensington-ovaal, Bridgetown,Barbados176/7 (20 boulbeurte)Indië wen met sewe lopiesTelkaart169/8 (20 boulbeurte)202026OorsigNarendra Modi-stadion, Ahmedabad,Indië255/5 (20 boulbeurte)Indië wen met 96 lopiesTelkaart159 almal uit (19 boulbeurte)202028Oorsig202030Oorsig20
Statistiek Eerste rondte (ER), Gekwalifiseer (G)Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6), Super 8 (S8), Super 10 (S10) of Super 12 (S12)Halfeindrondte (HE)Naaswenner (2)Wenner (1)
SpanT20I 2007T20I 2009T20I 2010T20I 2012T20I 2014T20I 2016T20I 2021T20I 2022T20I 2024T20I 2026T20I 2028T20I 2030Deelnames ERERERS10S12S12HEERG 8 HEER2HES10S101S12S8ERG 10 S8ERERERS10S10S12S12S8G 9 S8S81S8S102HE1HEHEGG 10 ERER 2 S8ERERERERERS12ERERGG 9 1S8S8S82HES12HE11G 10 ER 1 ERER 2 ER 1 S12ERERER 4 ERS10ERERS12ERER 7 ERERER 3 HES8S8S8S10HE2HEER2G 10 ERERERER 4 21HEHES10S10HE2ERS8G 10 ERER 2 ERERERS12ERERERG 7 S82HE21S10S12S12ERS8G 10 S8HES8S8HES10S12S122HEG 10 ER 1 ERERER 3 S8ER 2 ERHES81HE1S12ERS8S8G 10 ERERERERERS12S8G 7 Deelnemers 12 12 12 12 16 16 16 16 20 20 20 20
Eerste deelnames JaarSpanne2007, , , , , , , , , , en 2009 en 20102012geen2014, en 20162021, 2022geen2024, , 202620282030
Sien ook
Kampioenetrofee, vir EDI-krieket Krieketwêreldbeker, vir EDI-krieket o/19-krieketwêreldbeker, vir juniorspelers T20I-vrouewêreldbeker, vir vrouespelers Wêreldtoetskampioenskap, vir toetskrieket
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die T20I-wêreldbeker Die IKR se amptelike webwerf