Babiana teretifolia is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom wes van Koekenaap voor. Dit is deel van die Namakwaland fynbos. Mynbou aktiwiteite het reeds 'n gedeelte van die plant se habitat vernietig in die noordelike gedeelte van die plant se voorkomsgebied en daar word beraam dat die plant 'n verdere 80% van sy habitat oor die volgende 30 jaar gaan verloor weens mynbou. Die plant word as seldsaam beskou.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
teretifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika