Babiana tubulosa is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Vredenburg tot by Mamre voor waar dit deel van die fynbos is. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 566 km² en daar is twintig subpopulasies. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur ontwikkeling op die Vredenburg-skiereiland, veral by Dwarskersbos, St. Helenabaai, Saldanha, Jacobsbaai en Langebaan. Rondom Mamre en Darling het die plant van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

tubulosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika