Babiana torta is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom van Springbok tot by Bitterfontein en Kliprand voor. Dit is deel van die sukkulente Karoo plantegroei en word as seldsaam beskou. Daar is meer as vyftien subpopulasies bekend.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
torta Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika