Die geelbobbejaantjie (Babiana pygmaea) is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Hopefield tot by Mamre voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 320 km² en het 80% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan. Daar is vier gefragmenteerde subpopulasies by Darling oor. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur indringerplante en oorbeweiding.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

pygmaea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika