Babiana purpurea is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Botrivier tot Bredasdorp en Robertson voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 5000 km² en daar is twee subpopulasies. Die plant het 80% van sy habitat oor die afgelope 60 jaar aan die aanlê van wingerde en boorde afgestaan. Die een subpopulasie is op meentgrond in Caledon en die ander is op 'n padskouer geleë en word bedreig deur instandhoudings werk en padkonstruksie.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
purpurea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika