Babiana fragrans is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wwat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die spesie is vernoem na Henri Georges Fourcade. Dit kom vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Malmesbury en Ceres voor en het 'n voorkomsgebied van 6800 km². Die plant het baie van sy habitat afgestaan (65%) in die laagliggende gebiede tussen Stellenbosch, Paarl en Kaapstad en in die Ceresvallei aan ontwikkeling, landbou aktiwiteite en indringerplante. Die bedreigings bestaan steeds.

Sinonieme Die spesie het elf sinonieme:

Babiana disticha Ker Gawl. Babiana lilacina Eckl. Babiana plicata Ker Gawl. Babiana punctata Klatt Babiana reflexa (Licht. ex Roem. & Schult.) Ker Gawl. Gladiolus distichus (Ker Gawl.) Roem. & Schult. Gladiolus fragrans Jacq. Gladiolus plicatus Thunb. Gladiolus plicatus Jacq. Gladiolus reflexus Licht. ex Roem. & Schult. Watsonia fragrans (Jacq.) G.Lodd. ex Reider

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

fragrans Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika