Haemanthus amarylloides is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Haemanthus behoort en deel is van die fynbos en Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom van Garies tot by Clanwilliam voor. Daar is vyftien subpopulasies; die plant word bedreig deur landbou aktiwiteite, ontwikkeling, oorbeweiding en vertrapping deur vee. Die populasie se getalle is besig om te daal.
Subspesies Die plant het drie subspesies: Haemanthus amarylloides subsp. amarylloides Haemanthus amarylloides subsp. polyanthus Snijman Haemanthus amarylloides subsp. toximontanus Snijman
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
amarylloides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika