The Swartberg-dwergverkleurmannetjie (Bradypodion atromontanum) is 'n spesie verkleurmannetjie endemies aan Suid-Afrika.
Taksonomie Vir baie jare was 'n dwergverkleurmannetjie van onbepaalde taksonomiese status uit die Swartberg-omgewing bekend. 'n Daaropvolgende filogenetiese studie het gelei tot die beskrywing daarvan as 'n nuwe spesie. Morfologies kan dit verwar word met B. gutturale maar die twee spesies is allopatries.
Beskrywing Dit is 'n klein verkleurmannetjie wat nie groter as 12 cm word nie. Sy kleur is gewoonlik 'n ligte geelbruin met groenerige skakerings.
Verspreiding Dit is endemies aan die Swartberge in die Wes-Kaap. Dit kom in die Swartberg-natuurreservaat voor en word ook by Groot Swartberg aangetref.
Habitat Die Swartberg-dwergverkleurmannetjie is boomliewend en woon in bergfynboshabitat.
Verwysings
Kategorie:Bradypodion