Riga
Europese Kultuurhoofstad 2014Eiropas kultūras galvaspilsēta 2014
280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter|raam Land Gewes 20px Lyfland (Vidzeme) Koördinate Stigting (Duitse handelspos) 1158 Stadstatus 1225 Oppervlakte: - Totaal 304 vk km Hoogte bo seevlak 7 m Bevolking: - Totaal (2023) 609 489 Iedzīvotāju skaits pēc tautības reģionos, pilsētās, novados, pagastos, apkaimēs un blīvi apdzīvotās teritorijās gada sākumā 2012 – 2023 - Bevolkingsdigtheid 2 000/vk km - Metropolitaanse gebied 870 000 Tydsone UTC +2 (OET) - Somertyd UTC +3 (OEST) Klimaat - Tipe Kontinentaal-gematig - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,5 °C - Gem. temp. Januarie/Julie −3,5 / 17,3 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 620,9 mm Burgemeester Vilnis Ķirsis Amptelike webwerf www.riga.lv
Riga (Lets: Rīga, [ˈriːɡa], ; Litaus: Ryga; Lyfs: Rīgõ; Esties: Riia; Russies: Рига) is die hoofstad asook die ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrum van Letland met 'n bevolking van 609 489 (soos in 2023).
duimnael|links|Die historiese gebou van Riga se effektebeurs (Rīgas Birža) huisves tans 'n kunsmuseum met die grootste versameling van buitelandse kuns in Letland – waaronder skilderye van die 17de eeuse Noord-Europese Skool duimnael|links|Die Nasionale Biblioteek van Letland, in 2014 voltooi ná 'n boutyd van twintig jaar en teen 'n koste van €193 miljoen, is Riga se nuwe ikoniese baken Die historiese Hansestad, wat aan weerskante van die breë Daugava-rivier uitgebrei het en tans die derde grootste seehawe in die Oosseegebied ná Sint Petersburg en Stockholm is, is die grootste stedelike sentrum in die Baltiese lande en huisves sowat 'n derde van die totale Letlandse bevolking. Binne 'n radius van sowat veertig kilometer van Riga se stadsentrum af is selfs die helfte van hierdie Baltiese land se bevolking gekonsentreer.
Riga is ná Lübeck die tweede oudste stad wat deur Duitsers langs die Oossee gestig is – met sy amptelike stigtingsjaar 1201 is dit selfs ouer as Stralsund, Rostock, Stettyn (Szczecin), Danzig (Gdansk) en Koningsberg (nou Kaliningrad). Eeue lank het vreemdelinge, veroweraars, stadstigters, sendelinge, koopmans, handelaars, diplomate en toeriste Riga hoofsaaklik per see bereik.
Die stad, wat vroeër dikwels die "Hamburg van die Ooste" Gintaras Beresnevičius, Cornelius Hasselblatt, Detlev Henning, Yvonne Luven en Kai Ulrich Müller: Zauber der baltischen Staaten. München: Sconto 2005, bl. 76 genoem is, is tot in die 20ste eeu deur vreemde moondhede oorheers – die Duitse Ridderorde, Pole, Swede en Rusland – en het eers in die tydperk tussen die twee wêreldoorloë as setel van 'n onafhanklike Letlandse regering gedien. Ná dekades van Sowjet-besetting het Riga in 1991 weer sy status as hoofstad van die Republiek Letland herwin.
Riga verteenwoordig tans twee derdes van Letland se bruto binnelandse produk, beskik oor 29 van Letland se 35 tersiêre onderwysinstellings, die beduidendste musea en 'n tiental teaters. Die historiese stadskern Vecrīga is danksy sy ryk argitektoniese erfenis met Gotiese, Barok- en Art Nouveau-boukuns, wat oor 'n tydperk van agthonderd jaar ontstaan en aan Riga die bynaam "Parys van die Noorde" besorg het, deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. whc.unesco.org – Historic Centre of Riga
Die ongekende ekonomiese opswaai in die jare ná Letland se onafhanklikheidsverklaring in 1991 het van Riga 'n eersterangse Europese metropool gemaak wat naas sy boukuns ook ten opsigte van sy infrastruktuur en sy relatief hoë prysvlak met ander groot stedelike sentra in Europa kan meeding. Riga het tot 'n belangrike sentrum van die inligtingstegnologie-, dienste- en modebedryf ontwikkel. Die stad is daarnaas 'n gewilde toeristebestemming met jaarliks 2,5 miljoen besoekers. Riga is saam met die Sweedse Umeå aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2014.
Nogtans is daar ook baie inwoners uit laer inkomstegroepe wat tot dusver nie aan die ekonomiese opswaai kon deelneem nie. Hierdie groep sluit talle etniese Russe (in 2018 was 44,3 persent van die totale bevolking Letssprekendes teenoor 37,4 persent Russiessprekendes), voormalige werkers van Sowjet-fabrieke en bejaardes met lae pensioene in. 'n Groot aantal Rigaers van Russiese afkoms het die stad dan ook in die laaste jare verlaat om hulle weer in die Russiese Federasie te vestig. Riga se bevolking het gevolglik sedert die onafhanklikheidsverklaring met sowat 'n vyfde gekrimp.
Etimologie Die presiese oorsprong van die naam "Riga" is onbekend, maar daar is verskeie bespieëlende teorieë oor die oorsprong van die naam: Dit is dalk 'n aangepaste woord, ontleen aan die Lyfse ringa wat "lint" beteken en verwys na die antieke natuurlike hawe wat deur die Daugava se lintvormige sytak gevorm word. Dit is moontlik afgelei van Riege, die Duitse naam vir die Rīdzene-rivier, 'n voormalige sytak van die Daugava. Biskop Albert het krediet geëis vir sy veldtog om die plaaslike bevolking te verower en te bekeer, ontleen aan Latyn rigata ("besproei"), wat "besproeiing van droë heidense siele deur Christendom" simboliseer.
Die betroubaarste verduideliking is egter die bevestiging deur die Duitse historikus Dionysius Fabricius (1610) dat Riga sy naam te danke het aan sy reeds gevestigde handelsrol: Vauchez et al. Encyclopedia of the Middle Ages. Routledge, 2001 "Riga het sy naam gekry van die geboue of pakhuise wat in 'n groot aantal langs die oewer van die Duna opgerig is, waarna die Lyfs in hul eie taal verwys het as Riae." Fabrius, D. Livonicae Historiae Compendiosa Series, 1610Latynse oorspronklike teks: Riga nomen sortita est suum ab aedificiis vel horreis quorum a litus Dunae magna fuit copia, quas livones sua lingua Rias vocare soliti. Die "j" van die Letse rīja is in Duits verander in 'n "g". Die Engelse geograaf Richard Hakluyt (1589) staaf hierdie weergawe en het Riga Rie genoem, soos dit uitgespreek word in Lets. Bilmanis, A. Latvia as an Independent State. Latvian Legation. 1947. Verder word dit deur die feit ondersteun dat Riga in Esties Riia genoem word ('n taal wat nou verwant is aan Lyfs).
Klimaat duimnael|'n Eensame houtbank op Vakabuļļi-strand duimnael|Wintertoneel in die Piejūra-natuurpark net buite Riga. Piejūra is die Letse woord vir "seekus" Riga het 'n vogtige, kontinentaal-gematigde klimaat. Die koudste maande van die jaar is Januarie en Februarie met 'n gemiddelde temperatuur van -5 °C, alhoewel die kwik in baie koue winters tot tussen 20 en 25 grade onder vriespunt kan daal. Vanweë Riga se ligging aan die Oossee kom reën en mis veral gedurende die najaar gereeld voor, terwyl die stad in die winter dikwels tot tagtig dae lank in 'n sneeulaag gehul is. Dagligure is baie kort in Oktober en November.
Die somers is warm en vogtig met 'n gemiddelde temperatuur van 18 °C, waarby die kwik op baie warm dae bokant die 30 grade-merk kan styg. Die son sit tydens die Baltiese somer laer as byvoorbeeld in Sentraal-Europa, en die hemel is dus blouer. Danksy die stabiele hoëdrukgebiede, wat in hierdie seisoen oor Rusland ontwikkel, is Riga se somerweer allesbehalwe wisselvallig. Neerslae kom dwarsdeur die jaar voor, tog is die somermaande tussen Julie en September die natste tyd van die jaar. Die gemiddelde jaarlikse reënval beloop meer as 600 mm.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|Baltiese barnsteen Die oudste beskawings in die Baltiese lande, wat omstreeks 10 000 v.C. ontstaan het, het op vissery en jag gesteun. Die eerste Indo-Europese stamme, wat as voorvaders van die huidige Letlanders en Litauers beskou word, het hulle vanaf 2300 v.C. in die Baltiese gebied gevestig en omstreeks 1000 v.C. oor 'n goed ontwikkelde landbou-infrastruktuur beskik wat op akkerbou en veeteelt gesteun het. Gedurende die bloeitydperk van die Romeinse Ryk tussen 100 v.C. en 500 n.C. het 'n florerende handel in barnsteen (amber) met die Mediterreense wêreld plaasgevind.
In die tweede helfte van die eerste millennium het die Baltiese stamme tot selfstandige etniese groepe – onder wie Letlanders en Litauers – begin ontwikkel. Die Letse beskawing het omstreeks die jaar 1000 sy kulturele bloeitydperk beleef wat deur 'n verskeidenheid hoogs ontwikkelde ambagte soos smede, pottebakkers, glasmakers en kleremakers, 'n drieslagstelsel in die landbousektor en 'n ontwikkelde handelsbedryf gekenmerk was. Alhoewel Letland soos die res van die Middeleeuse Europa 'n feodale samelewing was, was die meeste Letlanders destyds reeds vrye burgers.
Vanaf die Hoë Middeleeue het Letland onder die invloed van oostelike en westelike veroweraars gekom, en die land se geografiese ligging tussen Wes-Europa en Rusland het in die volgende eeu sy lot bepaal. Terwyl Russiese handelstede soos Nowgorod, Pskof en Witebsk vanaf die 11de eeu 'n politiek van magsuitbreiding langs Letland se oostelike grense bedryf het, het ridders van die Duitse Orde vanaf 1201 uit die weste na Letland toe gekom.
Stigting duimnael|Raadhuisplein met die Huis van die Swartkoppe-gilde (regs) en die Roland-standbeeld (heel links). Die ridder Roland was 'n simbool vir die stadstatus en die regte van vrye burgers wat daaraan verbonde was Ná 1150 het Gotlandse koopmans gereeld na die benedeloop van die Daugava-rivier gevaar om langs die klein Rīdzene-rivier (Duits: Riege, hiervan is ook Riga se naam afgelei), wat hier in die Daugava uitgemond het en later toegegooi is, handel met die plaaslike bevolking te dryf. Die eiland Gotland was destyds die strategiese middelpunt van handel in die Oosseegebied aangesien die seevaarders tot in die 14de eeu geskroom het om op die oop see te seil en liewer langs die kuslyn beweeg het. Gotlandse koopmans het die winsgewende handel met Rusland oorheers en velle en wasprodukte uit die ooste ingevoer, en Gotland het sodoende tot 'n beduidende handelsplek ontwikkel wat 'n trekpleister vir Russiese, Sweedse, Deense en in toenemende mate ook Duitse koopmans was. Ná 'n aantal geskille het Gotlandse en Nederduitse koopmans ooreengekom om gemeenskaplike handelsvaarte na Rusland en ander gebiede te onderneem.
Sedert 1180 het Lyfland – rofweg die gebied van die huidige Estland en Letland – met sy belangrike handelsposte aan die Daugava-rivier naas Nowgorod tot die tweede belangrike sentrum vir handel met Rusland ontwikkel. Hierdie handel het ook die invoer van goedere uit die Verre Ooste soos speserye, Chinese en Persiese sy, aptekersware en wierook ingesluit, terwyl Vlaamse lakens, metale en veral silwer na Rusland uitgevoer is. Die vervoerkapasiteite van Nederduitse koopmans het vinnig ook 'n beduidende rol vir die pouslike beleid teenoor Noordoos-Europa gespeel – veral pogings om die Christelike geloof ook in hierdie laaste heidense gewes in Europa uit te brei. Die handel met Lyfland was gevolglik nou verbind met kruistogte teen sy heidense bewoners, en sowel kruisvaarders asook alle benodigde goedere vir hul kruistogte in Lyfland is in Lübeck verskeep en via Gotland na die Baltiese gebied vervoer. Rolf Hammel-Kiesow: Die Hanse. 4de hersiene uitgawe 2008. München: C.H. Beck 2000, bl. 31
duimnael|links|200px|Biskop Albert von Buxhoeveden op 'n gedenkmunt wat in 1995 deur die Bank van Letland uitgereik is In 1200 het biskop Albert von Buxhoeveden uit Bremen dertig feodale here van Letlandse stamme uitgenooi om aan politieke onderhandelinge deel te neem – sy doelwit was om land vir die oprigting van 'n versterkte nedersetting aan te koop. Ná die biskop se dreigement dat hulle as slawe na Duitsland verkoop sou word het die adellikes ingestem om land aan die Duitsers af te staan.
Riga is in 1201 as hoofstad van Lyfland en biskopsetel deur biskop Albert von Buxhoeveden naby 'n ouer Letse nedersetting gestig. Volgens 'n pouslike besluit sou Riga tot die enigste handelspos in Lyfland uitgebou word, terwyl die Semgalle-hawe, sowat vyftig kilometer wes van Riga aan die benedeloop van die Aa-rivier, gesluit is.