Ellis Beach is 'n plek geleë in die Verre Noorde van Queensland, Australië. Dit is langs die Koraalsee.
Die manjifieke vyf kilometer strandstrook van Ellis Beach is slegs sowat dertig minute se ry ten noorde van Cairns aan die Captain Cook Highway en Port Douglas en val binne die Cairns streeksraad se gebied.
duimnael|Jellievisnette by Ellis Beach Ellis Beach is een van die Tropiese Verre Noorde se pragtigste strande waar die Wêrelderfenis reënwoud strek tot by die Groot Koraalrif en is gewild onder die plaaslike bevolking asook besoekers. Vakansiehuisvesting (strandfront huisies, karavane en kampeerterreine) is beskikbaar by die Ellis Beach ontspanningsoordhttp://www.ellisbeach.com Ellis Beach Leisure Park and Oceanfront Bungalows
Ellis Beach is ook die tuiste van die Ellis Beach lewensreddersklubhttp://www.ellisbeachslsc.com Ellis Beach Surf Lifesaving Club wat gereeld kompetisies en geleenthede organiseer. Vanaf November tot Mei patrolleer die klub ook die nette wat bedoel is om baaiers te beskerm teen gevaarlike jellievisse wat in die tydperk in die waters voorkom (nl. Chironex- en Irukandji-spesies).
Ellis Beach het in die vierde reeks van die Amazing Race voorgekom.
Verwysings en Bronne
Kategorie:Queensland