duimnael|links|Van links na regs: Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim. duimnael|links|YouTube se hoofkantoor in San Bruno, Kalifornië

YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet.

YouTube is in Februarie 2005 opgerig deur drie voormalige PayPal medewerkers. 'n Groot verskil met ander video webwerwe in die tyd was dat alle video's outomaties omgeskakel word na een formaat wat vir baie mense toeganklik is, Flash video (.flv). Dit, gekombineerd daarmee dat die hele webwerf gratis vir gebruik is, het daarvoor gesorg dat YouTube nou die grootste videowebwerf op die internet geword het, en één van die grootste webwerwe op die internet in sy geheel.

Die meerderheid van die video's op YouTube word deur indiwiduë uit die publiek uit opgelaai, alhoewel sommige mediamaatskappye soos CBS, BBC, VEVO, Hulu en andere ook van hulle eie materiaal beskikbaar stel. Ongeregistreerde YouTube gebruikers kan gratis na video's kyk, terwyl geregistreerde gebruikers video's kan oplaai. Sommige video's wat as moontlik beledigend of aanstootlik beskou word, kan slegs deur geregistreerde gebruikers van ouer as 18 jaar gekyk word. In November 2006 is YouTube deur Google oorgeneem, teen 'n bedrag van 1.65 miljard Amerikaanse dollar. YouTube is dus tans as 'n onderafdeling van Google.

Daar word nie baie statistieke uitgegee nie, maar in Julie 2006 het YouTube 'n berig uitgegee dat daar elke dag meer as 100 miljoen video's gekyk word, en in die hele maand was uiteindelik 2,5 miljard video's afgelaai. Net in Januarie 2008 is daar al 3 miljard video's deur slegs 79 miljoen mense afgelaai.

Gevolg van die sukses van YouTube Voor die loods van hierdie webwerf, was daar baie min geleenthede gewees om video's op die Internet te laai. Ná YouTube begin is, het daar 'n hele aantal ander webwerwe opgespring wat ook gebruikers in staat gestel het om video's op die Internet te laai.

Kopiereg In ruil vir die stoor van die video's moet die oplaaier van alle outeursregte afstand doen. Dit beteken dat jy nie iemand anders se werk mag oplaai indien dit onder kopiereg beskerm word nie. In sommige gevalle bevat opgelaaide video's wel materiaal wat onder kopiereg staan, en kan hulle soms deur YouTube geblokkeer word.

Die skending van kopiereg deur YouTube gebruikers het al tot verskeie regsgedinge gelei. In Maart 2007 het Viacom in 'n saak teen Google, die YouTube eienaar, 'n bedrag van 1 miljard dollar geëis omdat daar 160 000 van sy video's op YouTube beskikbaar was. In September 2007 is YouTube deur 20th Century Fox gedwing om honderde video's te verwyder. Verskeie mediagroepe, waaronder Sony BMG, BBC en Samsung het egter al ooreenkomste met YouTube bereik waarvolgens hulle video- en klankmateriaal wel in sommige gevalle gebruik mag word.

Hoe dit werk Op YouTube mag gebruikers video's oplaai met 'n maksimum grootte van 1 024 MB, maar elke video mag slegs 10 minute lank wees. Formate soos .avi (XviD met MP3), .mp4 (H.264 met AAC+,) .mov, .mpeg word aanvaar. Die video's word omgeskakel na .flv, met daarin die H.263 videoenkodering en 64kbit/s MP3 monogeluid. Die datastroom het 'n totale bitrate van +/- 330 kbit/s, die resolusie is 320x240. Sedert Maart 2008 gee YouTube ook die keuse om die video's in hoër gehalte af te laai. Die resolusie is verhoog van 320x240 na 480x360.

Daar is twee moontlikhede: tik jy &fmt=6 agter die adres van die video in jou webblaaier, dan kry jy 'n H.263 stroom van +/- 600kbit/s met 96kbit/s MP3 mono. Met &fmt=18 kan jy luister na 'n stereostroom, die formaat is dan nie .flv nie, maar .mp4. Die .mp4 bestaan uit 'n H.264-beeldstroom van 300-400kbit/s en +/- 128kbit/s AAC-geluid.

Lokalisasie duimnael|400px|Lande met YouTube-lokalisering

Op 19 Junie 2007 was Eric E. Schmidt in Parys om die nuwe lokaliseringstelsel van stapel te stuur. In die volgende lande is die stelsel al in werking gestel: Land Tale Oprigtingsdatum (en wêreldwyde bekendstelling) Engels 15 Februarie 2005 Portugees 19 Junie 2007 Frans en Baskies 19 Junie 2007 Hiberno-Engels 19 Junie 2007 Italiaans 19 Junie 2007 Japannees 19 Junie 2007 Nederlands 19 Junie 2007 Pools 19 Junie 2007 Spaans, Galicies, Katalaans en Baskies 19 Junie 2007 Engels 19 Junie 2007 Spaans 11 Oktober 2007 Chinees en Engels 17 Oktober 2007 Chinees 18 Oktober 2007 Engels 22 Oktober 2007 Engels 22 Oktober 2007 Kanadese Frans en Kanadese Engels 6 November 2007 Duits 8 November 2007 Russies 13 November 2007 Koreaans 23 Januarie 2008 Hindi, Bengaals, Engels, Gujarati, Kannada, Malayalam, Marathi, Tamil, Telugu en Oerdoe 7 Mei 2008 Hebreeus 16 September 2008 Tsjeggies 9 Oktober 2008 Sweeds 22 Oktober 2008 Afrikaans, Zoeloe en Engels 17 Mei 2010 Spaans 8 September 2010 Frans en Arabies 9 Maart 2011 Arabies 9 Maart 2011 Arabies 9 Maart 2011 Frans en Arabies 9 Maart 2011 Arabies 9 Maart 2011 Frans en Arabies 9 Maart 2011 Arabies 9 Maart 2011 Swahili en Engels 1 September 2011 Filippyns en Engels 13 Oktober 2011 Engels, Maleis, Chinees en Tamil 20 Oktober 2011 Frans, Nederlands, en Duits 16 November 2011 Spaans 30 November 2011 Engels 2 Desember 2011 Engels 7 Desember 2011 Spaans 20 Januarie 2012 Hongaars 29 Februarie 2012 Maleis en Engels 22 Maart 2012 Spaans 25 Maart 2012 Arabies en Engels 1 April 2012 Grieks 1 Mei 2012 Indonesies en Engels 17 Mei 2012 Engels 5 Junie 2012 Frans en Engels 4 Julie 2012 Turks 1 Oktober 2012 Oekraïens 13 Desember 2012 Deens 1 Februarie 2013 Fins en Sweeds 1 Februarie 2013 Noors 1 Februarie 2013 Duits, Frans en Italiaans 29 Maart 2013 Duits 29 Maart 2013 Roemeens 18 April 2013 Portugees 25 April 2013 Slowaaks 25 April 2013 Arabies 16 Augustus 2013 Arabies 16 Augustus 2013 Arabies 16 Augustus 2013 Arabies 16 Augustus 2013 Bosnies, Kroaties en Serwies 17 Maart 2014 Bulgaars 17 Maart 2014 Kroaties 17 Maart 2014 Estnies 17 Maart 2014 Lets 17 Maart 2014 Litaus 17 Maart 2014 Serwies en Kroaties 17 Maart 2014 Macedonies, Serwies en Turks 17 Maart 2014 Serwies 17 Maart 2014 Sloweens 17 Maart 2014(sl) Thai 1 April 2014 Arabies 1 Mei 2014 Spaans en Engels 23 Augustus 2014 Yslands ?, 2014 Frans en Duits ?, 2014 Viëtnamees 1 Oktober 2014 Arabies 1 Februarie 2015 Swahili en Engels 2 Junie 2015 Engels 2 Junie 2015 Azerbeidjans 12 Oktober 2015 Russies 12 Oktober 2015 Georgies 12 Oktober 2015 Kasaks 12 Oktober 2015 Nepalees 12 Januarie 2016 Oerdoe en Engels 12 Januarie 2016 Singalees en Tamil 12 Januarie 2016 Arabies ?, 2016 Engels ?, 2016

Sien ook Vimeo

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Sensuur by Youtube: YouTube Taps ADL as Partner in Fight Against Hate , deur die International Business Times