duimnael|regs|250px|Noorweë word in administratiewe opsig in 15 provinsies of fylker verdeel Die Noorse woord fylke (meervoud: fylker) verwys na 'n administratiewe eenheid van die Koninkryk Noorweë wat - ná die nasionale regering in die hoofstad Oslo - die tweede vlak van die administratiewe hiërargie vorm. As 'n eenheidstaat is Noorweë - benewens die gebiede Svalbard en Jan Mayen wat albei 'n spesiale status geniet - in 1975 in 19 provinsies of fylker verdeel om 'n administratiewe vlak tussen die munisipaliteite (Noors: kommuner) en die sentrale regering te skep.
Historiese agtergrond
Noorweë is voor en tydens die Wiking-tydperk en gedurende die Middeleeue in sogenaamde fylker verdeel. Die naam fylke (Oudnoors fylki) is in etimologiese opsig afgelei van die woord folk (letterlik "volk"). Sommige fylker is na die konings vernoem wat hierdie heerskappye gestig het, terwyl ander name na die plaaslike bewoners of landskap verwys het.
Voor die vereniging van die Koninkryk Noorweë in die 9de eeu was daar omtrent dertig klein heerskappye in die latere ryksgebied wat elkeen oor sy eie koning en ting (die tradisionele volksvergadering) beskik het.
Die Yslandse skrywer Snorre Sturlason vertel in sy Heimskringla dat daar in die tydperk, toe koning Harald Hårfagre Noorweë onder sy heerskappy verenig het, agt konings in die agt Trøndelagsfylker, twee in Namdal, een op Nordmøre, een in Romsdal, een op Sunnmøre, een in Fjordane, een in Hordaland, een in Rogaland, een in Agder, twee in Telemark, een in Vingulmark en een in Alvheim geregeer het. Die koninkryke Sogn, Vestfold, Romerike, Hadeland (met Toten en Land) en Ringerike het hy saam met die helfte van Hedmarken, wat hy later saam met Gudbrandsdal volledig onder sy heerskappy gebring het, van sy vader Halvdan Svarte geërf.heimskringla.no: Halvdan Svartes sagaheimskringla.no: Haraldssaga
Voor die vereniging van Noorweë tot 'n eenheidsstaat is die fylker as selfstandige ryke deur hul eie heersers geregeer. Ná die stigting van 'n gemeenskaplike koninkryk is die fylker omgeskep tot sogenaamde jarledømmer, adellike heerskappye wat elkeen deur 'n jarl (hoë adellike, meervoud: jarler) geregeer is. Hierdie edelmanne is deur die koning benoem. Op die derde regeringsvlak - ná die kroon en jarler - het plaaslike heersers en vasalle die deelgebiede van elke fylke geadministreer. duimnael|links|250px|Die Noorse Ryksmonument Haraldshaugen in Haugesund. Die gedenkteken staan plaaslik ook as Haraldstøtten bekend Die grootste deel van Noorweë is geleidelik in vier tingkretser (administratiewe geweste) verdeel waarvan elkeen sy jaarlikse tingsamling (wetgewende vergadering) gehou en sodoende ook oor sy eie wetgewing beskik het. Hierdie geweste was in chronologiese volgorde: Gulatinget op Vestland, Frostatinget in Trøndelag, Eidsivatinget in Oppland en Borgartinget in Viken. Elke tingkrets is weer onderverdeel in fylker, wat in die meeste gevalle met die klein heerskappye van voor die ryksvereniging ooreengekom het. In Hålogaland en ander gebiede van die sogenaamde Norgesveld (streke en eilande buite Noorweë se tingkretser wat onder Noorse heerskappy gekom het) het die ou fylkestingene of plaaslike vergaderings as administratiewe stelsel bly voortbestaan, of hulle het die status van skatteland (belastingpligtige gebied) gekry.
By die nasionale monument ter herdenking van die Noorse ryksvereniging, Haraldshaugen in Haugesund, is 'n 17 meter hoë gedenkteken oor die graf van koning Harald Hårfagre opgerig wat deur 29 kleiner monumente omring word. Elkeen van die monumente versinnebeeld een van die ou fylker wat deur die koning onderwerp is en dra ook 'n inskrif met die naam van die historiese provinsie waarvandaan dit afkomstig is.
Die meeste historiese fylker en hul name leef voort in die huidige distrikte van Noorweë. Die Laat-Middeleeuse administratiewe verdeling in syssler, len en fogderier was grotendeels gegrond op die ou fylker. Hierdie praktyk is ook nie verander toe die meeste gebiede vanaf die 17de eeu by groter administratiewe eenhede (amter) ingesluit is nie. In 1919 is die naam amt vervang met fylke. Sodoende het die historiese term fylke in die moderne tydperk na groter administratiewe eenhede begin verwys as in die Middeleeuse (alhoewel die Middeleeuse fylker ten opsigte van hul oppervlakte sterk gevarieer het).
Huidige fylker Nommer(ISO 3166-2:NO)Naam van fylkeAdmin. sentrumBevolkingOppervlakte in km2 Aantal kommunerKaartWapenTaalvormOrdførerPartyFylkesmann01ØstfoldSarpsborg268 1824 181,56 1846px46pxBokmål Ole HaabethApAnne Enger02AkershusOslo525 8714 917,97 2246px46pxonsydigNils Aage JegstadHHans J. Røsjorde03OsloOslo573 388453,98 146px46pxonsydig Fabian StangParlamentarisk, Erling Lae fungeer as byrådslederHFelles med Akershus04HedmarkHamar189 96527 397,01 2246px46pxonsydig Arnfinn NergårdSpSigbjørn Johnsen05OpplandLillehammer184 10325 192,01 2646px46pxonsydig Audun TronApKristin Hille Valla06BuskerudDrammen253 97714 909,92 2146px46pxonsydig Roger RybergApKirsti Kolle Grøndahl07VestfoldTønsberg228 7072 223,71 1446px46pxBokmål Per-Eivind JohansenHMona Røkke08TelemarkSkien167 36215 299,19 1846px46pxonsydig Gunn Marit HelgesenHKari Nordheim-Larsen09Aust-AgderArendal107 1459 156,93 1546px46pxonsydigLaila ØygardenApSvein Åril (kst.)10Vest-AgderKristiansand167 7137 276,23 1546px46pxnøytralThore WestermoenKrFAnn-Kristin Olsen11RogalandStavanger418 8429 377,72 2646px46pxonsydig Tom TvedtApHarald Thune (kst.)12HordalandBergen468 04515 460,42 3346px46pxNynorsk Torill Selsvold NyborgKrFSvein Alsaker13 word nie gebruik nieAangesien Bergen in 1972 met Hordaland saamgesmelt het, word hierdie fylkenommer nie meer gebruik nie.14Sogn og FjordaneLeikanger106 33618 622,79 2646px46pxNynorsk Nils R. SandalSpOddvar Flæte15Møre og RomsdalMolde248 27615 121,04 3646px46pxNynorsk Olav BratlandHOttar Befring16Sør-TrøndelagTrondheim285 86618 847,50 2546px46pxonsydig Tore O. SandvikApKåre Gjønnes17Nord-TrøndelagSteinkjer130 50322 412,33 2446px46pxonsydig Gunnar VikenParlementêr, Alf Daniel Moen (Ap fungeer as fylkesrådsleder)HInger Lise Gjørv18NordlandBodø234 97538 456,08 4446px46pxonsydig Mariette KorsrudParlementêr, Odd Eriksen (Ap fungeer as fylkesrådsleder)ApOla Bjerkaas (kst.)19TromsTromsø155 29225 877,36 2546px46pxonsydig Terje OlsenParlementêr, Paul Dahlø (Ap fungeer as fylkesrådsleder)HSvein Ludvigsen20FinnmarkVadsø72 47348 617,73 1946px46pxonsydig Runar SjåstadApGunnar Kjønnøy
Verwysings
ru:Административное деление Норвегии#Фюльке zh:挪威行政區劃#郡