Madagascar is 'n rekenaargeanimeerde familie-/buddy-rolprent van 2005 wat deur Eric Darnell en Tom McGrath geregisseer is. Die stemme van Ben Stiller, Chris Rock, David Schwimmer, Jada Pinkett Smith kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Mireille Soria vervaardig en deur die verspreidingsfirma DreamWorks Pictures versprei. Die draaiboek is deur Mark Burton, Billy Frolick, Eric Darnell en Tom McGrath geskryf met musiek van Hans Zimmer, wat ook musiek vir die rolprente The Lion King en The Prince of Egypt gekomponeer het.
Madagascar-geïnspireerde materiaal sluit in DVD-vrystellings, temaspeelgoed, videospeletjies en koopware. Die rolprent is deur sy sukses genoop om 'n opvolg voort te bring. Madagascar: Escape 2 Africa is vrygestel en was selfs 'n groter lokettreffer as die oorspronklike rolprent.
Rolverdeling
Ben Stiller as Alex, die Leeu Chris Rock as Marty, die Bontkwagga David Schwimmer as Melman, die Kameelperd Jada Pinkett Smith as Gloria, die Seekoei Sacha Baron Cohen as King Julien XIII Cedric the Entertainer as Maurice Andy Richter as Mort Tom McGrath as Skipper, die Pikkewyn Chris Miller as Kowalski, die Pikkewyn Jeffrey Katzenberg as Rico, die Pikkewyn Christopher Knights as Private, die Pikkewyn Conrad Vernon as Mason, die Sjimpansee Eric Darnell en Tom McGrath as die fossa
Vrystelling Die film is vrygestel in teaters in Verenigde State op 27 Mei 2005 en was vrygestel op DVD en VHS op 15 November 2005.
Ontvangs
Resensies Op Rotten Tomatoes gee 54% van 191 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 6,07/10."Madagascar". Rotten Tomatoes. Fandango Media. Besoek op 13 Januarie 2022 Webwerf Metacritic bereik 'n telling van 57/100, gebaseer op 36 resensies, wat staan vir "Gemengd of Gemiddeld"."Madagascar". Metacritic. Red Ventures. Besoek op 13 Januarie 2022
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Engelse rolprente Kategorie:Animasierolprente Kategorie:Buddy-rolprente