Moraea pallida is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort. Die spesie is inheems aan Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika. Die plant is giftig vir vee en floreer in oorbeweide gebiede.
Vergiftiging Die geeltulp is die belangrikste lid van dié plante wat kardiale glikosiede bevat. Hierdie plante is gesamentlik die hoofoorsaak van veevergiftinging in Suider-Afrika. Aangetaste diere kan skielik vrek weens hartstilstand, selfs na die geringste inspanning. Navorsing dui daarop dat geaktiveerde houtskool hoogs effektief is om beeste wat deur geeltulp vergiftig is onder natuurlike weidingstoestande te behandel, mits 'n ernstige mate van posterior parese (swakheid in die agterpote) nie binne die eerste 12 uur na aanvanklike blootstelling aan Geeltulp-besmette weiding ontwikkel het nie.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online. Landbou.com
Verwysings
Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika pallida