Tsjirinkotan (Russies: Чиринкотан; Japannees: 知林古丹島, Chirinkotan-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die middel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit val in die Sachalin-oblast van Rusland. Die naam kom van die inheemse taal Ainoe en beteken "modderstorting". Dit is geleë 3 km wes van Ekarma, sy naaste buureiland.

Beskrywing Tsjirinkotan is sowat 50 km wes van die middelste deel van die argipel geleë. Dit is die bokant van 'n gedeeltelik ondersese stratovulkaan wat sowat 3 000 m bo die bodem van die See van Ochotsk uitrys. Dit is feitlik rond, met 'n oppervlakte van 6 km2.

Die eiland se hoogste punt, Masaotsji in Ainoe, is 742 m hoog en steeds aktief. Groot uitbarstings is waargeneem in 1760, 1884, 1900, 1979, 1986, 2004 en 2013. Die kaldera is sowat 1 km breed en 300-400 m diep. Die kuslyn van die eiland is steil kranse, wat dit onmoontlik maak om daar te land.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Koerile