thumb|links|220px|Makanroesji (links bo), met Charimkotan onder en Onekotan in die middel.
Makanroesji (Russies: Маканруши; Japannees: 磨勘留島, Makanru-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die noordelike eindpunt van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit is 28 km van Onekotan. Die naam kom van die inheemse taal Ainoe.
Makanroesji is rofweg reghoekig en het 'n oppervlakte van 49 km2. Dit bestaan uit twee slapende stratovulkane, Pik Mitaka (Russies: влк. Митака; Japannees: 三高山, Mitakayama), wat 1 169 m bo die seevlak uitrys. Die eiland se rande bestaan uit steil kranse en het geen sanderige strande nie; daarom is dit gevaarlik en moeilik om daar te land, al is die water kalm.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Koerile