Moraea kamiesmontana is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel is van die Namakwaland renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom op die Kamiesberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 50 km² en daar is vier subpopulasies. Die plant word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping deur vee.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika kamiesmontana