Moraea graminicola is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom in die KwaZulu-Natal Middeland en Ngome in die graslande voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 9 500 km² en het 20% van sy habitat verloor aan die aanplant van plantasies. Bosbou-aktiwiteite en bestaansboerdery is nog steeds bedreigings.
Subspesies Daar is twee subspesies: Moraea graminicola subsp. graminicola Moraea graminicola subsp. notata Goldblatt
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika graminicola